Spring na inhoud

Inligting

Dienste

Hoe ons saam as gemeente die Here aanbid.

Sondagoggenddiens — 09:00

Ons enigste weeklikse erediens vind elke Sondagoggend om 09:00 plaas en duur ongeveer een uur. Die diens bestaan uit:

  • Votum en seëngroet
  • Lofsang uit die Psalmboek
  • Skuldbelydenis en genadeverkondiging
  • Geloofsbelydenis
  • Skriflesing en prediking uit die Woord
  • Gebede
  • Dankoffer
  • Slotsang en seën

Nagmaal

Die Nagmaal word ongeveer vier keer per jaar bedien. Die voorbereidingsdiens word een week voor die Nagmaal-Sondag gehou. Belydende lidmate van Gereformeerde gemeentes is van harte welkom om aan die Nagmaal deel te neem.

Doop

Kinders van belydende lidmate word op grond van die genadeverbond gedoop. Volwassenes wat geloofsbelydenis aflê en nog nie gedoop is nie, ontvang die doop met die belydenisaflegging.

Geloofsbelydenis

Jongmense wat die kategese voltooi het en self bely dat Christus hul Verlosser is, lê openbare geloofsbelydenis af. Hierdie diens word gewoonlik aan die einde van die kategese-jaar gehou.

Spesiale dienste

  • Goeie Vrydag: Ons herdenk die kruisdood van Christus.
  • Paasfees: Ons vier die opstanding van die Here Jesus.
  • Hemelvaartsdag: Ons aanbid Christus as die verheerlikte Koning.
  • Pinksterweek: 'n Reeks dienste oor die werk van die Heilige Gees.
  • Hervormingsondag: (Laaste Sondag van Oktober) Ons gedenk die Reformasie.
  • Kersfees: Ons vier die geboorte van die Verlosser.
  • Oujaarsaand: Dankseggingsdiens vir die afgelope jaar.